Eswé Bruwer van Hoërskool Centurion, het nie net op die leerlingraad gedien nie, maar is ook aangewys as die top kultuurleerder van sy skool. Eswé het daarvan gehou om met oorfone te studeer as hy met somme moes werk, soos byvoorbeeld Wiskunde en Fisika. Sodra hy iets meer teoreties moes leer, het hy graag dit hardop gedoen. Die motivering om hard te werk en om ʼn sukses te maak van alles wat hy aanpak, is duidelik te bespeur in hierdie jongman. Met ʼn deeltydse werk by RSG, kooroptredes en toneel wat almal op hul beurt ʼn pond vleis geëis het tydens die eksamen, was dit vir Eswé ʼn uitdaging om ʼn goeie balans te handhaaf. Bcom Fisika, is die graad wat hierdie blinkoog, positiewe jongman gaan studeer en sy droom is om iemand te koloniseer na Mars. Sy liefde vir kultuur weeg egter ook swaar, daarom wil hy graag eendag ʼn produksiehuis in Pretoria oopmaak.
Hierdie video is deel van ʼn reeks video’s wat die toppresteerder-matrikulante van 2018 vir Maroela Media ingestuur het.
Baie geluk met elke matrikulant wat 2018 se eindeksamen suksesvol afgelê het!
Toppresteerder-matrikulant Eswé droom groot | |
| 1 Likes | 1 Dislikes |
| 24 views views | 2.06K followers |
| Entertainment | Upload TimePublished on 4 Jan 2019 |
Không có nhận xét nào:
Đăng nhận xét